Ons Personeel
Wie is ons
Lerina van Rensburg
Hoof |Sang | Kitaar | Teorie | Voice Movement
Van ‘n jong ouderdom vermaak Lerina gehore. Sy spog met uitgebreide ondervinding en kwalifikasies, insluitende ‘n Lisensiaat (SDCSA), BA-graad (UP), Nagraadse Opvoedingsertifikaat (Unisa), Level 6-Onderwyserslisensiaat (Rockschool), Sang en Teorie Gr. 8 (Rockschool),
Sang Gr. 8 (Trinity Rock; Pop), Musiekteorie Gr. 6 (Trinity), Uitvoerende Sertifikate in Volksang en Sang (JAM), Digitale Musiekproduksie (Emendy), Kortkursus in Bestuur en Bemarking vir die Musiekbedryf (Wits), asook ‘n gekwalifiseerde Stembewegingsterapiepraktisyn (IAVMT). Haar onderrigervaring behels skole in Londen, CHIMS (Courtney House Instrumental Music School), en die bestuur van die musiekafdeling van Laerskool Pretoria-Oos. In 2005, het Lerina Vibrience Music Notes gestig, waar sy nie net sang en kitaar onderrig nie, maar die Musiek akademie in ‘n vooruitstrewende onderneming ontwikkel. In 2016, het sy ‘n tweede musiekskool, Ovie-Vibz, gestig, met huidiglik 14 onderwysers in diens en floreer steeds..

Angelique Mulder
Klavier | Klawerbord | Teorie | Vibri
Met 14 jaar se ervaring op klavier en klawerbord is Angelique op haar gelukkigste waneer sy musiek maak.
Sy het in 2021 haar Meestersgraad in Jazz Performance voltooi by Wits Universiteit en sy is gemaklik in ‘n verskeidenheid genres insluitend jazz, klassiek, pop, rock en kontemporêr.
Sy is ook atief besig in die musiek industrie en speel vir verskeie groepe insluitend Wildflower Quartet, Jealous Hearts, Phoenix Big Band en Curly Tunez.
Sy tree ook gereeld as solo musikant op en doen ‘session recordings’ vir verskeie kunstenaars. Angelique is ook die pianis en musiekleier by NG Pierneef.

Clarize Badenhorst
Kitaar |Ukulele | Sang | GBD |
Met meer as 10 jaar ondervinding in kitaar, het Clarize verskeie kunstenaars in lewendige optredes begelei en was ook die hoof kitaarspeler in Romeo en Juliet by die Olaf Teater.
In 2016 het sy by Vibrience/Ovie-Vibz se onderwysspan aangesluit. Sy het haar Sang Gr. 8 (Rockskool) en Musiekteorie Gr. 5 (Rockschool) onderskeidelik voltooi in 2016 en 2018. As kunstenaar en sanger/liedjieskrywer, het Clarize deelgeneem aan talle kompetisies, waar sy dikwels met verskeie toekennings weggedoen het, insluitend kategorie wenner.
Sy is die afgelope vierjaar deel van die Vibrience/Ovie-Vibz Band en het al vele kere die rol van Regisseur behartig vir Ovie-vibz se Band Shows

Edna Grove
Sang | Klavier | Blokfluit
Edna is ‘n hoogs gekwalifiseerde en inspirerende musiekonderwyseres, wie fokus op gehalteonderrig en die vestiging van ‘n kultuur van uitnemendheid in musiekdepartemente. Sy beskik oor uitstekende vak- en musiek-kennis regdeur die onderrig en optrede spektrum met ‘n lewenstaak en uitkyk om musiekstudente wêreldklas onderrig te gee.
Met Onderwysers Lisensiate in beide Klavier en Sang (UOVS), saam met oortuigende en deurdagte lesplanne, motiveer, vorm en moedig Edna haar studente aan om hul volle potensiaal te bereik. Sy is tans voltyds by De Poort Primary en Ovie-Vibz betrokke.

Franzelle Dorfling
Sang
Na sy Metode Akteursopleidingsentrum (UP) studeer het, is klassiekopgeleide Franzelle as wenner in alle kategorieë by die Centurion en Pretoria Kunswedstryde aangewys. In 2006 is sy aangewys as Centurion se Mees Belowende Volwasse Sanger. In 2008 het sy 4 silwermedaljes en nog 3 goue medaljes ontvang die volgende jaar by die Suid-Afrikaanse Talentkampioenskappe (SATCH). Franzelle het 6 jaar van haar sang afrigtingsondervinding aan Cornwall Hill College gewy, asook in Rustenburg en Lichtenburg, waar sy hul eie "High School Musical" geskryf, gerig, gechoreografeer en afgerig het. Gedurende 2010 het Franzelle by Vibrience Music
Notes begin werk as sang- en uitvoeringsafrigter. Nadat sy haar Vocal Gr. 8 (Rockskool) met Meriete behaal het, het sy later professioneel begin optree en vir sommige van SA se top-sangers geopen. In 2018 het Franzelle 2 goue medaljes by Talent Africa Nationals ontvang en is genooi om SA in New York te verteenwoordig.

Justin Snyman
Dromme
Justin spesialiseer in die dromme. Hy kan ook kitaar en klavier speel en het ervaring as ‘n agtergrond sanger. Justin het ‘n B-tech graad in Jazz en populere musiek. Hy het genoegsame ervaring in die musiek bedryf en het al saam kunstenaars en musikante gewerk soos Die Horries, Levinia, Valiant Swart, Die Duisend Myl Blues Band en Voyage Jazz Band. Justin was ook die voormalige drommer vir Monkeys Band en het al studio werk gedoen vir Albert Frost, Anton Goosen, Albert Meintjies, Julian Bahula en Smith ‘n VinnRijn. Justin geniet dit om sy passie vir musiek met ander te deel en om studente te help wat ‘n gewilligheid het om te leer. Justin het onlangs ‘n nuwe liefde vir houtwerk ontdek, en dit het hom besig gehou gedurende die sluitgreep tydperk!

Lieandri Ackerman
Sang | Vibri
Lieandri het ‘n passie vir vermaak op die ouderdom van 8 ontwikkel en hou daarvan om gehore te vermaak wanneer die geleentheid ontstaan. Sedertdien het sy haar Sang Gr. 8 (Rockschool) met Meriete voltooi en is tans besig met haar B.Ed intermediêre graad (Aros). Lieandri is ‘n assistent-onderwyser en skoolkoorassistent by Laerskool Louis Leipoldt, en het onlangs by Ovie-Vibz-span se onderwysers span aangesluit as sangdosent.
Sommige van Lieandri se vele hoogtepunte sluit in agtergrondsanger vir Nedine Blom en ‘n verskyning in haar Supercool vir Jesus musiekvideo; sowel as die toekenning van beide Skool Junior en Senior Idol, verskeie sertifikate in kunstefeeste, en Nasionale kwalifikasie in Talent Africa. Sy het ook Skoolkleure en Honneurs vir Vroulike Voorsanger in die Centurion Skoolkoor ontvang; en het 3 goue, 9 silwer en 3 brons SATCH medaljes behaal. In 2016 is sy as Vibrience se Beste Senior Sanger aangewys, en het ook 3 YouTube “singles” vrygestel.

Luandri van Wyk
Sang
Luandri het vanaf 7-jarige ouderdom sang afrigting by SA Future Stars Music School ontvang en het deur haar hele skoolloopbaan uitgeblink in baie kompetisies, waar sy onder andere haar Diploma in Sang met 96% in haar ouderdomskategorie verwerf. Met 22 jaar intensiewe sang afrigting as raamwerk, en ‘n passie vir musiek as die drywer, weet sy dat hierde is wat sy die res van haar lewe gaan doen.
Luandri het 4 albums opgeneem, waarvan die nuutste 4 weke lank Kruiskyk Top 10-status en persdekking in verskeie tydskrifte geniet het. Sy het op die TV-kanaal DKNT Gospel lewendig opgetree en ook Kruiskyk se program Impak aangebied. Sy het talle optredes onder haar belt, insluitend CD-bekendstellings, sowel as by baie kerke en nasionale kunstefeeste. Sy is ook aktief betrokke by haar kerk se eredienste as sanger en met tye aanbiddingsleier.
Buiten die aanbieding van teorie en klawerbord opleiding, het Luandri pas haar Vocal Gr. 3 interne eksamen voltooi en het begin met Gr. 4. Sedert 2017 het sy haar fokus verskuif na sangonderrig, met die doel om ‘n passie vir en die hartklop van musiek aan studente te leer – dat dit uit die hart kom!

Mareina van Deventer
Viool |Altviool
Mareina het op 8 jarige ouderdom viool begin speel en op 15 jaar met altviool begin. Sy het by die jeugorkes, Simfonia Juventi, aangesluit en vir drie jaar daar gespeel. Van daar af het Mareina geweet dat sy musiek deel van haar lewe wil maak. Sy is tans besig met Graad 8 altviool en Graad 7 Musiekteorie (Royal-Scools).
Sy het gr.6 musiekteorie met meriete geslaag, die Colourstrings Kindergarten inleidende kursus gedoen en hou voet by stuk by die Kodály-metode. Een van die hoogtepunte in Mareina se musiekloopbaan was beslis in 2019 toe sy by die orkes vir Capitol Singers ingesluit is. Haar liefde vir kinders en musiek het haar gebring om daarin te onderrig, en sy is baie bly om deel te wees van die Ovie-Vibz-familie.

Mareli Benade
Klavier |Dwarsfluit | Teorie | Tjello
Mareli Benade het van jonks af musieklesse geneem en op 16 by ‘n Jeugorkes aangesluit, wat haar laat besef het dat sy graag musiek haar loopbaan wil maak. Nadat sy fluit onder Prof. John Hinch (UP) bestudeer het, het sy fluitlesse van haar tweede jaar af begin aanbied. Mareli speel onderbroke in verskeie orkeste, naamlik die Johannesburgse Simfonie Orkes, Gautengse Filharmoniese Orkes, Pretoria Jeugfilharmoniese Orkes, Oosrand Jeugorkes, en ad hoc vir verskillende orkesprojekte.
Sy sluit ook by haar man aan as ‘n kitaar- en dwarsfluitduo, Twenty Fingers, vir spesiale geleenthede. Mareli gee ook klavier-, dwarsfluit- en musiekteorie-lesse en beweer dat musiek ‘n buitengewoon goeie uitwerking op ‘n kind se groeiende brein het.

Martie Viljoen
Klavier | Blokfluit | Teorie | Saksofoon | Klassieke Kitaar
Vir Martie, is musiek en onderwys nie net werk nie, maar haar ware passies. Sy het as jong kind met musiek begin, en reeds as 10 jarige besluit om musiek te studeer. Nadat sy haar B.Mus (US) voltooi het, het Martie hoofsaaklik met privaat musiekonderwys begin, en het verskeie lokum- en tydelike skoolonderrigposte gehou.
Martie is al meer as 10 jaar betrokke by die beplanning van Noorderkruin Kunswedstryd, en het al beoordeel by verskeie skole se interne kunswedstryde. Sy het ook vele instrumentale kandidate en sangers vir eksamens en konserte begelei, asook kinder en volwasse kore. Haar lewensuitkyk: “Without music, life will B-flat!”

Reti Swart
Klavier | Klawerbord | Kitaar
Reti se kwalifikasies sluit is BA Ed Mus en ‘n Diploma in Musiek Individuele onderwys,
Klavier (Klassiek en Kontemporêr), Klawerbord, Kitaar en Blokfluit. Skryf van ‘n vroeë musiekontwikkelingsprogram aan die hand van Kobus Neethling se Heelbrein model. Bied tans musiekontwikkelingsklasse by Babbelbekkies kleuterkampus en Magalieskruin Laerskool aan. Rig St Mary’s DSG se Intersen fase koor af. Orrelis by verskeie kerke.
Reti is ‘n toegewyde musiekonderwyseres en opvoeder met hope ervaring op die gebied. Sy was onder andere werksaam vir 4 jaar by Afrikaans Hoër Meisieskool waar sy musiek as vak vir gr 8 tot 12 gegee het, sowel as die praktiese instrumente, klavier en kerkorrel. Sy is geakkrediteer by Unisa en ander eksameninstansies en het by Unisa verskeie toekennings vir uitstaande onderrig in musiekteorie ontvang.
Haar doelstellings is om by leerders n liefde vir musiek te kweek en om hul potensiaal optimaal te ontwikkel.

San-mari Booyse
Klavier | Sang | Blokfluit | Vibri | Vibri speel
San-Mari het met musiek grootgeword en haar Unisa-klaviereksamens gedurende haar skooljare voltooi. In 2005, het sy haar BA.Mus (NWU) behaal met sang as hoofinstrument. Nadat sy die Kindermusik-opvoedersopleiding (Kindermusik University) voltooi het, het sy meer as ‘n dekade deurgebring aan die onderrig van die program, met ‘n fokus op vroeë kinderontwikkeling deur musiekopvoeding. Gedurende daardie tyd het sy ook by die Vibrience Music Notes onderwyserkorps aangesluit, en in 2017 was sy deel van die vorming van die nuwe Ovie-Vibz musieksentrum by Hoërskool Overkruin.
By Ovie-Vibz is San-Mari se aandag hoofsaaklik op die jonger studente, waaran sy hul musiekfondament bou en liefde vir musiek bevorder deur groep- en individuele lesse. Sy was mede-stigter van die Vibri-Level Program, wat kinders van 6 tot 9 jaar aan verskillende instrumente bekendstel, en fasiliteer ook die Vibri-Speel Program vir kinders tussen die ouderdomme van 4 en 6. San-Mari gee ook klavier, sang, en blokfluit lesse. Haar gunsteling musiek aanhaling is: Musiek is nie net wat ek doen nie – dit is wie ek is!

Shay Grahan
Sang
Shay het vanaf ‘n jong ouderdom begin sing.
Sy het haar Sang graad 8 (Rockschool) in 2021 gedoen. Sy was tydens haar skoolloopbaan deel van verskeie kore asook ‘n akapella sangroep wat aan kompetisies en opvoerings deelgeneem het.
Shay het ook as `n solo sanger aan verskeie plaaslike en nasionale sangkompetisies en opvoerings deur die jare deelgeneem. Sy het 4 jaar se kerkorkes ondervinding . Musiek word deur haar as `n manier gesien om jou storie met ander te deel.
Bel Ons
083 788 4241
Epos Ons
Besoek Ons
Hoërskool Overkruin, Braam Pretorius, Wonderboom, 0182